Standpunte
Die Sentrum het kragte saamgespan met die nuus- en aktualiteitswebwerf Maroela Media (www.maroelamedia.co.za) om ‘n media-ruimte vir debat rondom die Sentrum se idees te skep. Ná die sukses van Maroela Media en veral sy meningsruimte, Die Groot Debat, is daar besluit om ‘n formele onderskeid tussen laasgenoemde se populêre en in-diepte aard te tref. Daarom sal die ‘Standpunte’-afdeling eersdaags op Maroela Media verskyn.
Die naam is ‘n voortsetting van ‘n historiese lyn wat met N.P. van Wyk Louw verband hou. Hy was in 1945 stigtingsredakteur van Standpunte, ‘n tydskrif wat Jaap Steyn beskryf as “een van die merkwaardigste tydskrifte wat daar in die Dietse wêreld bestaan”. Dit is in 1986 gestaak. Talle kenners gaan gereeld stukke lewer wat verband hou met die werk van die sentrum en sodoende bou aan ‘n nuwe idee-raamwerk vir die Afrikaanse gemeenskap. Eugene Brink, senior navorser by die Sentrum, sal as redakteur van ‘Standpunte’ optree.













Volg ons