Udolpho Jeugterrein
FAK-Udolpho Kampterrein
Klik hier om die Udolpho pamflet te besigtig
Die FAK Udolpho Kampterrein lê langs die oewers van die Vaalrivier net buitekant Parys. Udolpho strek oor 265 hektaar en is die ideale plek vir ʼn tydjie se wegbreek uit die stad.
Gaste kan uit die volgende verblyf opsies kies:
• Een van 7 chalets wat ten volle toegerus is vir 5 besoekers met breekware, beddegoed, elektriese en elektroniese ware.
• Udolpho gastehuis wat ten volle toegerus is vir 8 besoekers met breekware, beddegoed, elektriese en elektroniese ware.
• Een van 2 oornag-woonstelle – ideaal vir een aand se rus.
Kerke, skole en kultuurgroepe is ook welkom hier. Daar is twee slaapsale, elk met 16 beddens en ʼn groot saal om groepe te akkommodeer. ʼn Volledig toegeruste kombuis is beskikbaar en indien versoek, is spyseniering vir groepe ook beskikbaar.
ʼn Groot swembad, put-put baan, grasperke en ʼn 4 km rivieroewer dra by tot die aktiwiteite wat hier beoefen kan word.
Udolpho Tariewe:
| Eenhede | Tariewe |
| 5-bed Chalet p/n | R 400 |
| Gastehuis kamer p/n | R 400 |
| Woonstel p/n | R 150 |
| Groot saal p/d | R 600 |
| Kombuis & eetsaal p/d | R 600 |
| Slaapsaal Jeuggroepe | R 650 |
| Grasperk | R 400 |
Spesiale aanbod: Groepe wat nou ʼn midweek bespreking plaas, ontvang 25% af op bespreking.
Vir besprekings skakel Trudie by 056 818 1197 of 082 551 7262 of besoek die FAK se webtuiste vir meer inligting by www.fak.org.za













Volg ons