Wat_FAK_Place_holder

Baie welkom by jóú Afrikaanse organisasie. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge is reeds in 1929 gestig. Vandag is die FAK steeds dié organisasie wat jou toelaat om kreatief te wees in jou taal en kultuur. Die FAK is ’n toekomsgerigte kultuurorganisasie wat ’n tuiste vir die Afrikaanse taal en kultuur bied en ons trotse Afrikanergeskiedenis positief bevorder.

Die FAK is jou kulturele gemeenkapsorganisasie. Jy is deel van alle projekte, publikasies en die bevordering van ons taal, kultuur en geskiedenis. Kom kuier saam met ons om die kampvuur by jou FAK – jou tuiste, jou trots en jou toekoms.

 

FAK my trots

FAK my toekoms

 

Jeugplaas_teks_plekhouer

Die FAK Udolpho Jeugplaas lê langs die oewers van die Vaalrivier net buitekant Parys. Udolpho strek oor 265 hektaar en is die ideale plek vir ’n tydjie se wegbreek uit die stad. Udolpho bied vermaak vir die jeuggroep wat kan kies uit ’n aantal oornagopsies.

Kies uit die volgende verblyfopsies:

  • Een van sewe chalets wat ten volle toegerus is vir vyf besoekers met breekware, beddegoed, elektriese en elektroniese ware.
  • Die gastehuis wat ten volle toegerus is vir agt besoekers met breekware, beddegoed, elektriese en elektroniese ware.
  • Een van twee oornagwoonstelle – ideaal vir een aand se rus. Toegerus vir twee of drie gaste.
  • Daar is twee slaapsale, elk met 16 beddens en ’n groot saal om groepe te akkommodeer.

’n Volledig toegeruste kombuis en eetsaal is beskikbaar en indien versoek, is spyseniering vir groepe ook beskikbaar.

Daar is lekker vermaak vir die hele gesin:

  • ’n Groot swembad
  • Minigolf
  • Vlugbalbaan
  • Springmat
  • Piekniekterrein
  • ’n 4 km-rivieroewer

Daar is ook verskeie aktiwiteite en vermaak in die omgewing:

  • Wild Waters
  • Die Bier Brouery
  • Bessieplaas
  • Leeupark

Kontak ons

Trudie Stevens (Bestuurder Udolpho Jeugplaas)
Telefoon: 056 818 1197
E-pos: udolpho@fak.org.za

 

Ont_text_place_holder

 


1 Minuut aansluiting


    Hiermee onderneem ek om maandeliks 'n donasie van my keuse (Meer as R50,00) te maak tot die behoud van Afrikaans en tot my kultuurtuiste.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Ontvang jou gratis nuusbrief