Welstandsoudit

Die Sentrum beoog om jaarliks ‘n omvattende navorsingsverslag uit te gee oor die welstand van die Afrikaanse taalgemeenskap. Aangesien die verslag jaarliks uitgegee sal word, sal dit moontlik wees om deurlopend die impak van projekte wat geloods word, te bepaal.

Die volgende dimensies sal tydens die eerste verslag (beskikbaar einde 2012) ondersoek word:

  •     Die ekonomiese waarde van Afrikaans
  •     Die stand van Afrikaanse onderwys van pre-primêr tot tersiêre instellings
  •     Die kulturele waarde van Afrikaans
  •     Die tegnologiese wêreld in Afrikaans
  •     Die politieke posisie van Afrikaans
  •     Die maatskaplike posisie van die Afrikaanse gemeenskap
  •     Die Afrikaanse taalgememeenskap in sport
  •     Afrikaans in die kerk en godsdiens

Skakel na ons mobiele werf