Wie is ons
Die FAK is die oudste sambreelorganisasie vir Afrikaanse kultuurverenigings in die land en is reeds in 1929 gestig. Die FAK het met sy stigting twee kerndoelstellings geïdentifiseer, naamlik om idees te ontwikkel vir die ontwikkeling en versterking van die Afrikaanse taal-en –kultuur en tweedens om ʼn koördinerende rol tussen Afrikaanse kultuurvereniginge te vervul. Die FAK het deur dekades leiding op kulturele gebied geneem om Afrikaanse kultuur te versterk en uit te bou.
Die FAK is deel van die Solidariteitbeweging en funksioneer as ʼn selfstandige instelling van die Solidariteitbeweging.
Die FAK bestaan uit:
- Die NP van Wyk Louw Navorsingsentrum vir Kulturele Vryheid
- Die Stichting voor Afrikaans
- FAK Kultuur














Volg ons