Baie welkom by jóú Afrikaanse organisasie. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge is reeds in 1929 gestig. Vandag is die FAK steeds dié organisasie wat jou toelaat om kreatief te wees in jou taal en kultuur. Die FAK is ’n toekomsgerigte kultuurorganisasie wat ’n tuiste vir die Afrikaanse taal en kultuur bied en ons trotse Afrikanergeskiedenis positief bevorder. Ons simboliseer graag ’n roosboom met Afrikaans, kom kuier en blom saam by die FAK, hier is jy tuis!

Moenie ons erfenis teiken nie!
Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) meen dit is alle logika ontbloot om grafte op te grawe vir ’n konstruksie- en ontwikkelingsprojek.
Die Msunduzi Munisipaliteit het planne bekend gemaak om die historiese Chief Albert Lethuli Erfenis-begraafplaas te “herwin” met die oog op toekomstige ontwikkeling van die terrein.
Dié historiese begraafplaas huisves grafte van onder meer veterane van die Tweede Wêreldoorlog, voormalige burgemeesters en skoolhoofde van die bekende skool Maritzburg College.
Teken ons petisie en help ons om die skandelike ontwikkeling te stop
Sluit vandag aan en help skryf aan die Afrikaner se suksesstorie.
Die FAK is die oudste Afrikaanse kultuurorganisasie en bied ’n tuiste sedert 1929 vir alles-Afrikaans, en het jou ondersteuning nou nog meer as ooit tevore nodig om die Afrikaanse taal, kultuur en geskiedenis te bevorder en te bewaar vir die toekoms.







