Wat kan jy deesdae vir R50 koop?

Twee brode, ’n stukkie boerewors, ’n halfdosyn koeksisters? Nie eers nie. 

Maar wanneer jy die FAK maandeliks ondersteun met R50 maak jy ’n jaarlikse belegging van meer as vyftien miljoen rand en bevorder ons namens jou die Afrikaanse taal, kultuur en Afrikanergeskiedenis.

Projekte wat jy moontlik maak, sluit o.a. in:

  • Die Internasionale Afrikaans-Ekspo met meer as 5000 skoliere wat kleurvol en kreatief lief raak vir Afrikaans.
  • Die Nasionale Geskiedenisolimpiade waar Afrikanergeskiedenis speel-speel aan ons jeug oorgedra word.
  • Die grootste Afrikaanse koorkompetisie, Sing in Harmonie, wat deur meer as 250 skoolkore ondersteun word. 
  • Meer as 100 nuwe Afrikanerbeelde wat deurlopend bekendgestel word.
  • Tot 30 gemeenskapsprojekte wat maandeliks aangebied word om ons erfenis te bevorder.

WAT BIED ONS AAN? 

  • Belastingvrystelling op skenkings.
  • Flink, die FAK se digitale tydskrif.
  • Die geleentheid om ‘n kultuurtuiste vir Afrikaans te verseker vir die toekoms.
  • Assosiasie met ‘n organisasies wat jou kultuurbelange dien.
  • Sekerheid van ‘n toekoms vir ons kinders en kleinkinders.
  • ‘n Plek waar jy trots kan wees op wie en wat jy is.
  • Die Geleentheid om diensbaar te wees en die Afrikanersaak te help bevorder.
  • Die Voorreg om jou taal en kultuur te beskerm, te bewaar en te bevorder.
  • Die geleentheid om medeverantwoordelik te wees vir die beskerming van ons Afrikanererfenis
  • Die geleentheid om prakties deel te neem aan erfenisprojekte in gemeenskappe.
  • Bevordering van Afrikaans en Afrikanergeskeidenis d.m.v. skool- en gemeenskapsprojekte.
  • Ondersteuning aan meer as 50 Afrikanerkultuurorganisasies soos die Voortrekkers, Rapportryers en Dameskring.
  • Uitnodigings na funksies, konferensies en optredes wat deur die FAK aangebied word.
  • Deurlopende promosies en afslag op nuwe publikasies, Udolpho Rivierplaas en die FAK Liedjietuin.
  • Maak dit moontlik vir die FAK om toekennings te gee aan ikone wat ‘n positiewe en lewenslange bydrae lewer tot Afrikanerkultuur.

Sluit vandag aan en help skryf aan die Afrikaner se suksesstorie.

Die FAK is die oudste Afrikaanse kultuurorganisasie en bied ’n tuiste sedert 1929 vir alles-Afrikaans, en het jou ondersteuning nou nog meer as ooit tevore nodig om die Afrikaanse taal, kultuur en geskiedenis te bevorder en te bewaar vir die toekoms.

Help ons om dít te kan doen en word ’n FAK-vriend. Voltooi die onderstaande vorm, waarna ons jou sal skakel. Sou jy verkies om nie deur ons diensfdeling gekontak te word nie, kan jy hier klik om ‘n vorm af te laai. Voltooi asseblief die vorm en stuur dan na marike@kultuurtuiste.org.za of skakel 069 265 2408.