Die FAK-direksie het op sy vergadering gehou op Donderdag 16 Februarie 2012 die NP van Wyk Louw Sentrum vir Kulturele Vryheid gestig.
Die Sentrum word geskoei op Amerikaanse en Europese navorsingsinstitute met ‘n historiese verwysingspunt, maar ook ‘n toekomsgerigtheid. Die sentrum se doelwit is om rondom die internasionale beginsel van kulturele vryheid, oplossings vir die Afrikaner- en ander taal-en kultuurgemeenskappe in Suid-Afrika te ontwikkel.
Die Sentrum doen deurlopend navorsing oor:
Die NP van Wyk Louw sentrum word bygestaan deur ‘n Adviesraad van kundiges en verskeie navorsingsgenote.
Die FAK neem ook voortaan die verantwoordelikheid vir die Internasionale Skakelkantoor in Nederland met Ingrid Scholtz as verteenwoordiger. Die skakelkantoor sal bedryf word onder die naam Stichting voor Afrikaans en is geregistreer by die Nederlandse Kamer van Koophandel.
Die FAK se Suid-Afrikaanse kantoor is verantwoordelik vir die volgende:
Die Nederlandse kantoor is verantwoordelik vir:
Die FAK se bestaande federale funksie en kultuurprojekte gaan voort en word verder uitgebou. Daar word met groot verwagting uitgesien na die nuwe Sangbundel wat einde 2012 sal verskyn.
Die FAK direksie het ook verskeie komitees saamgestel, naamlik ‘n Internasionale komitee, Musiekkomitee en Geskiedeniskomitee.
Ons ontvang graag u insette en navrae hieroor.
Met vriendelike groete
Dr Danie Langner
Uitvoerende Hoof
Tel 012 301 1777