Beeld-FAK stig navorssentrum vir kulturele vryheid

Alet Rademeyer:

Die FAK-direksie het die NP van Wyk Louw-sentrum vir kulturele vryheid gestig.

Volgens dr. Danie Langner, uitvoerende hoof van die FAK, sal die sentrum geskoei wees op Amerikaanse en Europese navorsingsinstitute met ’n historiese verwysingspunt, maar ook ’n toekomsgerigtheid.

Die doel met die sentrum is om om die internasionale beginsel van kulturele vryheid oplossings vir die Afrikaner- en ander taal- en kultuurgemeenskappe in Suid-Afrika te ontwikkel.

Langner het daar is vir die naam op ’n groot gees soos Van Wyk Louw besluit omdat hy daarin kon slaag om die Afrikaanse taal, Afrikanerskap en Suid-Afrikanerskap dinamies bymekaar te bring.

“Hy het nooit gehgesê uiwer om krities te wees nie en was ’n voorstaander van geregtigheid en oop gesprek.”

Die sentrum sal deurlopend navorsing doen oor die teoretiese raamwerk vir kulturele vryheid en die praktiese toepassing daarvan.

Die sentrum sal deur ’n adviesraad van kundiges en verskeie navorsingsgenote bygestaan word.

Die FAK sal ook voortaan die verantwoordelikheid neem vir die internasionale skakelkantoor in Nederland met me. ­Ingrid Scholtz as verteenwoor­diger.

Dié kantoor sal bedryf word onder die naam Stichting voor Afrikaans.