SPITSBERAAD OOR AFRIKAANSE ONDERWYS 15 MAART 2012

In die lig van bekommernis oor die algemene onderwyssituasie in Suid-Afrika,  die  druk van die regering op Afrikaanse skole en die krimpende getal Afrikaanse skole, ten spyte van gehalte onderrig en top uitslae, beplan die FAK ʼn spitsberaad op Donderdag 15 Maart om 13:30 by die SAOU ouditorium in Garsfontein Pretoria..

 

Die doel van die spitsberaad is om goeie inligting in te win oor die onderwyssituasie, maar veral om ʼn strategie te ontwikkel hoe burgerlike organisasies ʼn bydrae kan lewer tot ondersteuning  van Afrikaanse skole.

Die spitsberaad sal ingelei word deur ʼn verslag wat gedien het voor die Onderwyskomitee van die SA Akademie, naamlik: Onderwysvoorsiening in Suid-Afrika: op weg na ʼn misdaad teen die mensdom?  Sprekers wat tydens die geleentheid sal optree is:

  • Prof. Gerrit Kamper  Onderwysvoorsiening in Suid-Afrika – op weg na ʼn misdaad teen die mensdom?
  • Mnr. Chris Klopper  Perspektiewe op Afrikaanse onderwys
  • Mnr. Paul Colditz  Die regering en Afrikaanse skole met ‘n spesifieke  verwysing  na  Hoërskool Fochville
  • Prof Marlene Verhoef Strategiese rigtingwysers vir die Afrikaanse gemeenskap ter ondersteuning van Afrikaanse skole.
  • Dr. Pierre Edwards Repliek

 

Vir meer inligting skakel Samantha Muller samantha@fak.org.za of 012 326 8646/ 012 301 1777