Op 14 Augustus 1875 is die Genootskap van Regte Afrikaners gestig onder leiding van SJ du Toit. Hierdie datum is ook die begin van die Eerste Afrikaanse Taalbeweging wat die grond voorberei het vir die latere ontwikkeling van Afrikaans as lees- en skryftaal. Later jare sou die datum ook bekend word as Taaldag. Op 14 Augustus  bied die FAK ʼn taalkonferensie aan in samewerking met die Vereniging van Regslui vir Afrikaans (VRA). Die doel van die konferensie is om strategies te besin oor die plek van Afrikaans op vele lewensterreine. Tydens die konferensie word ʼn Afrikaanse taalstrategie bekendgestel wat opgestel is deur die taalkenner, Prof. Jaap Steyn. ‘n Groep Belgiese- en Nederlandse studenteleiers wat Suid-Afrika besoek as deel van die Jongereprojek gaan ook die konferensie bywoon.