Die Grootste Afrikaner van Alle Tye: Uitklophou!

Na ‘n taai stryd boksgevegte op die webwerf en bekgevegte by Aardklop, kan ons nou met trots die finaliste in die veldtog aankondig!

In die historiese kategorie dring Paul Kruger en CJ Langenhoven onderskeidelik deur en kom hulle nou, in die finale rondte, teen mekaar te staan. In die eietydse kategorie sê Steve Hofmeyr en Laurika Rauch mekaar nou die stryd aan.

Liewe Heksie het haar besem afgeskuur, haar punthoed reggetrek en met haar toonpunt in die grond staan en sirkeltjies trek toe sy vir Haas Daas uitgeklop het! Liewe Heksie is by Clover Aardklop Nasionale Kunstefees aangewys as die Grootste Afrikaner van Alle Tye in die fiktiewe kategorie.

Jy kan van Donderdag, 11 Oktober, af weer kom stem. Jy moet weer in dié rondte kom stem as jy jou stuiwer in die armbeurs wil gooi oor wie die gesogte titel verdien. Alle finaliste begin weer met ‘n skoon bladsy, en stemme uit die vorige rondte word nie hierby ingereken nie.

Die stembus vir die vorige rondte het Saterdagaand, 6 Oktober 2012 om 00:00 gesluit en hier is die skermskote van die onderskeie gevegte se finale getalle: