Deur Lindie van Zyl
Met ’n warm Aardklop agter die rug kan die FAK terugkyk na ’n suksesvolle week. Die week is afgeskop met die Maroela Media en FAK se ‘Grootste Afrikaner van alle tye’ veldtog, wat ’n groot sukses was. Vele feesgangers het die debatte saans kom bywoon in die Cachet kleinteater, waar elkeen na die debat kon stem vir hulle gunsteling-Afrikaner van alle tye.
Die FAK Fantasties buitelugkonsert wat saamgestel is deur Janine Neethling was werklik fantasties. Vele kunstenaars het ’n gehoor van oor die 2000 met die nuwe FAK-liedjies vermaak. Theuns Jordaan, Jak de Priester, Ollie Viljoen en Anna Davel is maar ’n paar van die groot name wat die aand daar te siene was.
Saterdag 6 Oktober was daar die FAK sangbundel volume II-boekgesprek wat plaasgevind het by die ATKV boeke-oase. Jannie du Toit en Dr. Danie Langner het met Andries (roof) Bezuidenhout gesels oor die proses wat gevolg is by die samestelling van die nuwe FAK Sangbundel, asook die kriteria wat by die keuse van liedjies gevolg is. Die publiek het geleentheid gekry om vrae te vra,en die alombekende Andries en Jannie het selfs ’n paar note saamgesing.
Vir meer inligting oor die FAK Sangbundel volume II skakel die FAK kantoor by 012 301 1777 of SMS ‘FAK’ na 34388 om jou bundel te bestel