Bestel die nuwe FAK Sangbundel volume II nou!

Klik hier vir die bestelvorm.

Meer as 75 jaar nadat die eerste FAK Sangbundel homself vir die eerste keer in die klaskamers, huise en harte van Suid-Afrikaners tuisgemaak het met liedjies soos “Sarie Marais”, “Aanstap Rooies” en “My hartjie my liefie”, raak almal wéér plesierig. Hierdie keer doen hulle dit met die nuwe FAK Sangbundel volume II.

Dié bundel, wat al vir generasies geliefde musiek uit die Afrikaanse musiekskatkis versamel, trek ‘n nuwe baadjie aan met byna 600 van die beste Afrikaanse liedjies van die afgelope sowat 30 jaar. Die musiek van legendes soos Steve Hofmeyr, Mimi Coertse, Chris Chameleon en Anton Goosen is in hierdie bundel vervat en sal dié musiek sing-sing laat voortleef vir nóg ʼn generasie.

Hoe plesierig is die nuwe FAK Sangbundel?
Dit het bladmusiek en lirieke vir nagenoeg 600 nuwe liedjies wat die afgelope sowat 30 jaar by die skatkis van Afrikaanse musiek gevoeg is.
Dit is gemik op die volgende generasie van musiekliefhebbers. (Dus vorm geen liedjies van die vorige bundel deel van dié versameling liedjies nie.)
Liedjies in die immergroen- en kleinkunskategorieë het ook kitaardrukke.
Die melodielyne is eenvoudig uitgelê.
Dit bevat ure en ure se lekker saamsingliedjies vir die hele gesin.
Dit bewaar die musiek van legendes soos Christa Steyn, Lucas Maree en Koos du Plessis.
Die handige indeks is volgens titels en eerste reëls ingedeel.

Wat bied FAK Sangbundel volume II?

Ses verskillende musiekkategorieë is in die bundel ingesluit om sodoende die volle spektrum van Afrikaanse musiek te dek. Die kategorieë is:
Immergroen populêre musiek (soos “Agter elke man” en “De la Rey”)
Kleinkuns (soos “Vier seisoene kind” en “Kruidjie-roer-my-nie”)
Koorwerke (soos “Die Alibama” en “Gebed” deur Koos du Plessis)
Geestelike musiek (soos “Houtkruis” en “Hy hou die hele wêreld in Sy hand”)
Kinderliedjies (soos “Die lappop” en “Morsjors”)
Kunsliedere (soos “O Boereplaas” en “Kom dans Klaradyn”)