Rapportryers en FAK bou voort om kultuur te beskerm op plaaslike vlakke.

Ruurd van der Wal, n prokureur van Rustenburg, is onlangs weer herverkies tot die President van die Rapportryerbeweging. Op die Rapportryers se nasionale beraad het Dr. Danie Langner  Besturende Direkteur van die FAK opgetree as gasspreker. Die Rapportryers en die FAK is dit eens dat Afrikaanse Kultuur ‘n baie belangrike rol vervul  in gemeenskappe op plaaslike vlakke.

Deur middel van die plaaslike takke van die Rapportryers vind projekte plaas waar Christelike morele waardes ingeskerp word onder kinders, waar Afrikaanse Geskiedenis in ’n suiwere vorm aan kinders vertel en geleer word. Maatskaplike en finansiële behoeftes word ook aangespreek deur die plaaslike korpse van die Rapportryers. Die Rapportryers en die FAK het weer hulle bande versterk om saam te werk om die Afrikaanse Gemeenskap te dien in alle fasette van die Taal, Godsdiens, Kultuur en maatskaplike behoeftes. Mnr. Van der Wal sê dat hy baie opgewonde is oor die toekoms van die Rapportryers.