7 Februarie 2013

Die FAK het verlede jaar aan 24 skole trofeë en sertifikate geskenk wat elke skool  aan die beste leerling in Afrikaans, geskiedenis en kuns en musiek kon oorhandig.

Die doel van die projek is om leerlinge opnuut te motiveer om te presteer in die bogenoemde vakgebiede.
Andrea Steyn van Hoërskool Generaal Hertzog het die afgelope jaar uitsonderlik  in visuele kuns gepresteer. Sy is op die skool se Lourieraand op 25 Oktober 2012 vir al haar prestasies deur die jaar vereer. Andrea het ’n spesiale FAK –trofee  vir haar uitmuntende prestasie in visuele kuns ontvang.

Jané Wiesner van HTS Middelburg het ook ‘n FAK-Toekenning ontvang.

Skole wat in 2012 trofeë en sertifikate ontvang het, is die volgende:
–    Afrikaanse Hoër  Seunskool
–    Hoërskool Ferrum
–    Hoërskool Adamantia
–    Hoërskool Diamantveld
–    Hoërskool Eldoraigne
–    Hoërskool Ermelo
–    Hoërskool Generaal Hertzog
–    Hoërskool Piet Potgieter
–    HTS Middelburg
–    HTS Rustenburg
–    Afrikaanse Hoërskool Kroonstad
–    Hoërskool Nico Malan
–    HVS Potchefstroom

Indien u skool  by die projek betrokke wil raak, kontak die FAK-kantoor by (012) 301 1777 of stuur ’n e-pos aan fak@fak.org.za