Vier Trekleiers is nageboots en kinders is in groepe ingedeel om deel uit te maak van die Trek. Kinders het begin om ossewaens met Trekdiere te maak en het dit sommer baie geniet. Deur die loop van die kamp is elke Trekleier se roete gevolg en aangeteken op ‘n groot kaart. Ossewa Taal is ook in ‘n speletjie met die kinders gedoen. Die kamp is afgesluit met ‘n Erediens deur “Sarel Cilliers” met die Gelofte wat afgelê word.