Hartenbos Museum se Groot Trek 175 program skop af

Uit Mossel bay Advertiser

MOSSELBAAI NUUS – Die 175-jarige herdenking van die Groot Trek vind in 2013 plaas en ook by die Hartenbos Museum sal dit deur die loop van die jaar tydens verskilende geleenthede herdenk word.

Hartenbos Museum se program skop op Vrydag, 4 Januarie, om 11:00 af met ‘n lesing deur Annemarie Carelsen. Daar sal gesels word oor die kleredrag van die Voortrekkers gedurende die tydperk 1835 tot 1840. Belangstellendes word genooi om op hierdie dag ‘n draai by die Hartenbos Museum te maak.

Dalk al gewonder hoe lyk die werklike drag van die Voortrekkers? Wat is die verband en verskil tussen die Volkspeledrag en die Voortrekkerdrag? Is die Voortrekkerdrag eg Suid-Afrikaanse drag? Hierdie vrae gaan behandel word tydens die lesing. Dit gaan toegelig word met Powerpoint waarmee replica en oorspronklike kledingstukke gewys word.

Annemarie Carelsen is as kurator by die Nasionale Kultuur Historiese Museum werksaam. Sy was die afgelope 30 jaar by talle museumuitstallings van ‘n wye verskeidenheid onderwerpe as individu of in spanverband betrokke gewees.

Vir die oorspronklike artikel op die Mossel bay advertiser se webblad klik hier.