Die nag van 16 Februarie het die moorde by Bloukransrivier en Moordspruit plaasgevind. Erasmus Smit skryf in sy dagboek onder 17 Februarie dat dit die droewigste nag en dag op hulle hele reis was. Alhoewel die 17e ‘n Sondag was, was daar geen tyd om ‘n erediens te hou nie. Erasmus Smit skryf “’t gekerm der gewonden en angst en schrik van anderen krijten ten hemel op.” 400 persone, waarvan 185 kinders is doodgemaak.

Later is die oorskot van die Trekkers, saam met die oorskot van Gerrit Maritz herbergrawe by die Bloukrans monument. Dit is een van die oudste Groot Trek Monumente wat reeds in 1897 opgerig is. Genl Piet Joubert was by die opening.

Sondag se herdenking:

Eerskomende Sondag word die gebeure by Bloukrans Monument in herinnering geroep deur ʼn klein kranslegging.  Die geleentheid begin 10:00 en sal teen 11:00 klaar wees.  Daarna vertrek ʼn plaaslike perdekommando op ʼn tweedag rit na Veglaer.

Die boekie Trekkerkinders word ook by die geleentheid bekend gestel.

Program vir Sondag, 17 Februarie:
10:00: Opening met skriflesing en gebed (Danie Langner)
10:15: Vlagseremonie met perdekommando (Theunis en kommando)
10:20: Gedigvoorlesing (Kind?)
10:25: Historiese oorsig oor Bloukrans (Danie Langner)
10:30: Bekendstelling van Trekkerkinders (Danie Langner)
10:40: Steenlegging met voorlesing van sterftelys (Johan Kruger)
10:50: Afsluiting (Johan Kruger)