In die Eikestad is dit is weer die tyd van die jaar wat daar Woordfees gehou word. Vanjaar se program is gevul met hoëkwaliteit literatuur, opvoerings, musiekproduksies en vele meer. Daar is vanjaar ook ’n paar FAK-vertonings wat julle kan bywoon indien julle in die mooie Kaap kuier vanaf 1 – 10 Maart.

Die nuwe FAK- sangbundel volume II word by Woordfees bekendgestel met ’n buitelug -piekniek- konsert. Vele bekendes sal op die verhoog te sien wees, en hulle almal sing FAK volume II. Kyk uit vir Amanda Strydom, Jannie du Toit, Jak de Priester, Anna Davel en vele meer.

Een gelukkige FAK-nuusbriefleser staan die kans om kaartjies te wen na dié ongelooflike buitelugkonsert. Dit vind 5 Maart 20:30 op Neethlingshof wynlandgoed plaas . Al wat jy hoef te doen om dié kaartjies te wen, is om die FAK se Facebook-blad te gaan ‘like’
Die prys sluit twee toegangskaartjies en in (reis en verblyfkostes word nie daarby ingesluit nie.)