FAK Sangbundel Volume II: Afrikaanse liedjies, ’n storie en legendes om te bewaar

Die FAK sangbundel Volume II het op 5 Maart 2013 by die Stellenbossche wynplaas Neethlingshof gekuier. Die weer het saamgespeel, die omgewing was pragtig, die klankstelsel puik, die piekniekmandjies se happies heerlik en elke kunstenaar genotvol – alles onverbeterlik.

Die kunstenaars wat die aand opgetree het was onder meer Amanda Strydom, Richard van der Westhuizen, Jannie du Toit, Anna Davel, Brandon October, Les Javan, Jak de Priester en Nico Carstens.

Ou treffers is gesing van legends soos Lucas Maree, Louis van Rensburg, Christa Steyn, Johannes Kerkorrel en vele meer, alles liedjies wat in die nuwe FAK sangbundel voorkom. Oud en jonk het die aand bygewoon en saam gesing soos nog nooit te vore nie. Nostalgie het oorgeneem en die aand het almal laat besef hoe belangrik dit is om die Afrikaanse liedjieskatkis te bewaar, te bevorder en oor te vertel.

Sms die woord ‘FAK’ na 34388 om die nuwe Sangbundel te bestel.