FAK Sangbundel Volume II skole kompetisie skop af.

Deur Lindie van Zyl – Mei 2013

Met die FAK sangbundel volume II wat in 2012 die lig gesien het, het die FAK dit goed gedink om bewustheid te skep onder die opkomende generasie. Volume II is propvol lekkersing liedjies vir die jongspan, asook vir skoolkore.

Die FAK loods vandeesmaand die ‘FAK sangbundel skole kompetisie’ waaraan verskeie laerskole deelneem.

Hoe werk die kompetisie:

Ouers, voogde, skool ondersteuners en oud leerlinge kan deelneem deur slegs ʼn SMS te stuur. Deelnemers kan die woord ‘sing’ SMS na 34388 gevolg deur hulle voorkeur skool se naam. Die skool wat teen 21 Junie die meeste stemme gewerf het, wen ʼn konsert van ʼn bekende Afrikaanse kunstenaar. Daar word ook deur die loop van die kompetisie individuele FAK geskenkpakke weggegee aan deelnemers.

Die wenner van die kompetisie sal in die nuwe skoolkwartaal aangekondig word. Die FAK se Facebook-blad kan dop gehou word vir die aankondiging van individuele wenners wat deur die loop van die kompetisie FAK geskenkpakke kan wen. Klik hier om ʼn draai te gaan maak op ons Facebook-blad en sien wie loop voor.

Die volgende skole neem deel aan die kompetisie:
1. Laerskool Lynnwood
2. Laerskool Garsfontein
3. Laerskool Rooihuiskraal
4. Laerskool Impala park
5. Laerskool Gereformeerde Skool Dirk Postma
6. Laerskool Anton van Wouw
7. Laerskool Pretoria Oos
8. Laerskool Swartkop
9. Laerskool Constantiapark
10. Laerskool Welgemoed
11. Laerskool Hertzogville
12. Laerskool Louis Leipoldt
13. Laerskool Elarduspark

Die FAK beplan om die kompetisie verder uit te brei deur die jaar. Navrae kan gerig word aan lindievanzyl@fak.org.za