Wanneer ons terugkyk in ons geskiedenis is daar nie net groot gebeurtenisse om te onthou nie, maar ook mense wat ʼn groot impak gemaak het. Soms is die impak wat party mense jare gelede gemaak het so groot, ons kan vandag nog die effek daarvan beleef. Groot name in ons geskiedenis sluit in die van Jan van Riebeeck, Sarel Cilliers, Piet Retief, Christiaan de Wet, Jacobus de la Rey, en moet ook nie vergeet van Eugene Marais, Ingrid Jonker en Chris Barnard nie. As ons begin met ʼn lysie van impak-makers op ons geskiedenis gaan ons lank besig wees – daar is baie mense om te onthou!

Een naam wat verseker ook op so lysie moet verskyn, is diè van Henning Klopper. Henning Klopper is in 1895 gebore. Hy was in 1918 stigterslid en die 1e voorsitter van die Afrikaner Broederbond. Hy is 15 jaar later in 1933 aangewys as die 1e Voorsitter van die ATKV en dit is onder sy leiding wat die plaas Hartenbosch aangekoop is – juis met die doel om as vakansieoord in te rig vir spoorwegamptenare.

Hy was Hoofleier van die 1938-ossewatrek en was ook Speaker en Voorsitter van die Unie-Volksraad. Henning Klopper was van 20 Januarie 1961 tot 1 Augustus 1974 Speaker van die Volksraad en die Parlement.

Na sy ʼn lang loopbaan en aktiewe betrokkenheid in die Afrikaner-wêreld het Henning Klopper afgetree op sy geliefde plaas net buite Parys.

Henning Klopper se behoefte om ʼn bydrae te lewer en ander te help het egter nie by sy aftrede gestop nie. Hy het besluit om sy plaas aan die staat te skenk en spesifiek beveel dat die plaas benut moet word tot voordeel van Afrikaners en Afrikaner-kinders.

Henning Klopper

Henning Klopper en sy vrou, Birdie, oorhandig hul plaas se dokumente aan Eerste Minister John Vorster.

Dit is vandag die FAK se groot voorreg om Henning Klopper se Rivierplaas te kan bestuur tot voordeel van Afrikaners en Afrikaner-kinders.

Die Rivierplaas is geleë sowat 5km buite Parys, teen die Vaalrivier en beskik oor selfsorg chalets, ʼn gastehuis asook ʼn eetsaal, groot-saal en slaapsale vir kampe. Daar is ʼn groot swembad en toegang tot die Vaalrivier. Woonwa -en tent-geriewe sal binnekort ook beskikbaar wees.

Die Rivierplaas is sowat 90min se ry van Pretoria en is ideaal vir kerke, skole, voortrekkers, sportspanne of enige ander groep wat wil kom kamp. Met goeie selfsorgfasiliteite vanaf slegs R150 per nag en vele aktiwiteite in die omliggende omgewing is dit ook perfek vir ʼn gesin om bietjie weg te breek uit die stad!

Aktiwiteite omliggend sluit in:

•    Kajaksport op die rivier
•    Boog- en normale wildjag
•    Wildritte
•    Voëlkyk
•    Verfbal
•    Abseil
•    Vierwielmotorfietse
•    Teëlplaas vir wit leeus
•    Rehabilitasiesentrum vir jagluiperds
•    Bierbrouerye
•    Bessieplaas
•    Vliegveld met vliegritte
•    Lugballonritte
Udolpho 3

Vir meer inligting omtrent die Rivierplaas kan die FAK kantoor gekontak word. Alternatiewelik kan die plaas ook direk gekontak word.

Kontakbesonderhede is as volg:

FAK KANTOOR
Tel: 012 301 1777
E-pos: zieg@fak.org.za

RIVIERPLAAS
Tel: 056 818 1197
Sel: 082 551 7262
E-pos: udolpho@fak.org.za