teen die einde van sept vertrek barrie op sy 8ste maratontog van meer as 1000 km
te perd
hierdie keer is dit bloedrivier toe
‘n afstand van 1386 km in 69 skofte oor 78 dae
om deel te wees van die 175ste herdenking van die groot trek
en die slag van bloedrivier
sy tog begin voor sy agterdeur op noenieput in die weskalahari
op die grens van ou suidwes
sy eerste tog deur die land het hy in 1995 met roebie gedoen. sy eerste ryperd
daarna 3 togte met vrede wat in die lente van 2007 dood is
toe nog 3 togte. en wel met deernes. wat ook queen genoem is
nou is dit verder se beurt. die swart hings
vir die eerste 330 km moet hulle uit die soutblok en die dwarsduine van die kalahari kom
dan nog 270 km om ooswaarts uit die noordkaap en die suidpunt van noordwes te kom
vanwaar 676 km se grasvlaktes na die oosgrens van die vrystaat hul voorland sal wees
voor die laaste 110 km deur noordnatal na bloedrivier
barrie ry naby of deur die volgende dorpe
olifantshoek (16 okt) kathu blikfontein (23 okt) jan kempdorp (30 okt) christiana (6 nov) hoopstad warrenton wesselsbron welkom (13 nov) virginia ventersburg hennenman (20 nov) steynsrus arlingtonstasie (24 nov) bethlehem (27 nov) reitz warden verkykerskop harrismith glencoe (11 des) dundee bloedrivier (13 des)
barrie is die karakter agter die rolprent tornado and the kalahari horse whisperer
was aanbieder van kykNET se ekoreisprogram stofpad langs
skrywer en storieverteller
maar veral sendeling in die kalahari. te perd
in sy eie woorde:
ek raak ouer
hierdie 175ste herdenking van die groot trek en die slag van bloedrivier is ‘n besondere mylpaal vir die afrikaner
en ek sal dalk nie weer die geleentheid hê om my op so ‘n besondere wyse daarmee te vereenselwig nie
en verder moet ek maar net die tog aanpak en volkstrane langs die roete biddend afdroog
soos my vadere vertrou het leer ook my vertrou o Heer