Kaartjies beskikbaar! Kom word saam met ons weggevoer!

Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) gaan die versdrama Die Lange Hoop vanaf 24 tot 28 September 2013 in die Senotaafsaal by die Voortrekkermonument opvoer. Dit word gedoen in samewerking met die BCVO, Radio Pretoria, AfriForum en die Voortrekkermonument.

Dié versdrama deur dr. Steyn Steenekamp is die eerste een sedert D.J. Opperman se versdrama, Vergelegen, wat in 1956 geskryf is, en beloof om iets besonders te wees.

Tydens die Groot Trek vanaf 1835–1838, speel ’n liefdesdriehoek-drama hom af: Die 14-jarige Aletta Rudolph en Marthinus (Tienie) Oosthuizen raak verlief, maar hulle paadjies skei toe Tienie en sy ouers saam met die Maritze die binneland in trek. Dan raak Tienie verloof aan Deborah Maritz, dogter van die Trekkerleier, Gerrit Maritz…

Ons gaan nou nie die hele verhaal verklap nie, maar Tienie reis ná die moorde op die Trekkers by Blaauwkrans, Weenen en Moordspruit saam met Sarel Cilliers terug Oos-Kaap toe om hulp te kry vir ’n strafekspedisie teen Dingaan. En dis daar waar hy Aletta weer raakloop…

Goeie nuus: die kaartjies is nou beskikbaar teen R100 stuk vir hierdie pragstuk-vertoning. ’n Ideale geleentheid om ’n genotvolle aand saam met ons by die Voortrekkermonument te geniet.

Vir meer inligting, kontak Jenny Ouwenkamp van GHA by 012-335-3321 of e-pos versoek na: gha@afrikaans.org.za