Jak (C.J.) van den Bergh het ’n gedenksteen vir die 175jaar Groot Trek gedenkjaar, opgerig op 18.07.2013 op die plaas Zandfontein, naby Boons, op die deel bekend as Amritsar, die gedeelte van J.E. van den Bergh, *23.02.1882,oorl.3.06.1955, deur hom vernoem na die plek in Indië waar hy krygsgevangene was.
Die ander gedenksteen is ook op 18.07.2013 opgerig sowat 5 km noord-oos by die Voortrekkergrafte op Zandfontein.
Die Voortrekkers was:
Barend Jacobus Petrus van den Bergh *27.12.1807 van Rietfontein Graaff-Reinet. Neem deel aan die Groot Trek in geselskap van ander Van den Bergh families, Oorl.17.02.1838 (Vermoor te Dingaanstat) X 4.12.1825, Maria Dorothea Magdalena Fourie (Sy hertrou 1843 met C.C.H.J.Fourie). Hulle verhuis van Natal na Zandfontein , Wyk Hogeveld, Rustenburg 1845, met Van den Bergh kinders. Sy is oorl. 17.04.1878 te Zandfontein.
VAN DEN BERGH VOORTREKKER – Kinders: 1. Hermina Aletta * 26.10.1826*; 2. Johannes Nicolaas*29.12.1828 X Susara Magdalena Harmse; 3. Josef Erasmus *15.05.1832, (Ons Stamlyn) oorl.15.03.1881, Zandfontein. X Cathariena Aletta Pretorius; 4. Heiltjie Madalena *1834 X Daniel Sarel du Toit, 5. Maria Dorothea Magdalena X Matthys van As Fourie; 6. Barendina Jacoba Petronella X Johannes Louis Breedt.
Dit was my voorreg om hierdie gedenkstene aan te skaf en op te rig ter herdenking aan ons baanbreker voorouers.