Vrystaatse Jeugkoor herleef in 2014

Op die naweek van 20 Maart 2014 word daar nuwe asem geblaas in die Vrystaatse Jeugkoor wanneer ’n 50-jaar reünie in Bloemfontein plaasvind en oud-jeugkoorlede, -dirigente, -begeleiers en ander rolspelers, vir die eerste keer weer bymekaarkom.

Toe die Vrystaatse Jeugkoor in 1965 tot stand gekom het, het min kon besef wat die langwerkende gevolge van hierdie Provinsiale Koor sou wees (dit was erken as Provinsiale-Kleure in Koorsang) – nie net op skoolkoorvlak nie, maar in die totale milieu van koor- en musiek in Suid-Afrika.

Vir dekades – en nog steeds – het die Vrystaatse Jeugkoor ’n invloed gehad op skoolmusiek en -kore. Só het ander Jeugkore in die land ook ontstaan, en jeugkoorlede was hoog in aanvraag by universiteits- en ander kore.

Oor die jare het nie minder nie as 1288 lede in die Vrystaatse Jeugkoor gesing (en derduisende mense was deel van gehore en tuis-ouers). Hierdie koorlede was afkomstig van 94 hoërskole uit 64 dorpe en stede in die Vrystaat.

En nóú word gesoek na 1288 lede vir 20 Maart 2014, asook diegene wat saam met hulle die koorpad geloop het! Maak asseblief kontak:www.vrystaatsejeugkoor.co.za en ovsjeugkoor@gmail.com asook by 082 850 6552 en op Facebook.