Deur Carel Stander

Aan die voet van die Paarlberg, reg onder die Afrikaanse Taalmonument, is ’n monument enig in sy soort in die Wes-Kaap. Dit is die ABO-Monument wat fokus op die stryd van die Kaapse Afrikaners, en ander Kolonialers, wat in die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) die republieke van Transvaal en die Vrystaat aktief gesteun het of dit simpatiek gesind was. Dit is ’n besoekplek van stille bepeinsing waar bedink kan word watter leed en swaarkry ons voorouers in die ABO moes deurstaan: oor die beginsels van Vryheid en Reg en oor diegene wat daarvoor gestry het.

Visie – Ons streef daarna om die Anglo-Boereoorlog Monument as ’n gesogte besienswaardigheid vir die nageslag te bewaar en sy trotse geskiedenis met piëteit aan hulle wat hulle lewe vir vryheid en reg opgeoffer het vir altyd te laat voortleef.

Missie – Om te verseker dat die etos van die Anglo-Boereoorlog Monument in samewerking met almal vir ’n liefde vir ons land se historiese erfenisse bewaar bly en oorgedra word aan die nageslag wat kom ten einde uitvoering te gee aan ons visie.

Beskermvrou en -heer: Prof. Dorothea van Zyl en mnr. Ton Vosloo

Besoek gerus: http://www.abo-monument.co.za

ABO Monument