Die Hugenote Feeskonsert is deel van die 3¼ eeufeesviering van die aankoms van die hoofgroep van Hugenote vlugtelinge aan die Kaap van Goeie Hoop in 1688-89.

Die Hugenote Feeskonsert vind plaas op Saterdag 26 Oktober 2013 om 20:00 in die Endlersaal, Konservatorium, Stellenbosch.

Met ‘n fokus op Franse musiek, dek die feesprogram ‘n wye verskeidenheid  -van kabaret- tot klassieke musiek.

Die Universiteit van Stellenbosch Simfonie-orkes (USSO) staan onder die leiding van maestro prof Corvin Mattei. Musiekregisseur: Melissa van der Spuy. Soliste: Jannie Moolman, Anna Davel en Minette du Toit-Pearce.

Die USSO se uitvoerings  sluit in die Prelude en die Sigeunerdans uit die opera Les Huguenots van Giacomo Meyerbeer, die Suite no 1 uit Carmen van Bizet, die Overture uit Orphée aux enfers (Orpheus in die onderwêreld) van Offenbach, die Marche hongroise uit La Damnation de Faust van Berlioz, en die Bolero van Ravel.

Anna Davel sing die La Vie en Rose van Guglielmi en Monnot, en in AfriFrans-styl “Sweef soos ’n Arend” (gesing in Frans.)

Minette du Toit-Pearce sing Mont Coeur van Saint Saens, die Habanera uit Carmen van Bizet, en Le Spectre de la Rose van Berlioz.

Jannie Moolman sing Caruso van M Nava, en La fleur que tu m’avais jeté uit Carmen van Bizet. In duet met Minette du Toit-Pearce sing hulle Vivo per Lei (Manzani – Mengalli – Zelli). Jannie du Toit in duet met Anna Davel sing “When I Fall in Love” (Young & Heyman).

Anna Davel en Minette du Toit-Pearce in duet sing Chanson la Mer (Charles Trenet) en Cent Mille Chanson (Celine Dion).

‘n Opdrag-orkeswerk Geneefse Partita (spesiaal gekomponeer vir die geleentheid) deur die bekende Suid-Afrikaanse komponis, Hendrik Hofmeyr (professor van Komposisie en Teorie aan die SA College of Music van die Universiteit van Kaapstad) se premiére sal tydens die Hugenote Feeskonsert plaasvind.

Kaartjies is beskikbaar by Computicket. U word aangeraai om vroegtydig te bespreek, aangesien die verwag word dat die konsert gou uitverkoop sal wees.

Volledige besonderhede is te sien by http://www.hugenoot.org.za/konsert