’n Tydelike uitstalling oor die Groot Trek het by die Nasionale Museum, Bloemfontein, geopen.

Die uitstalling fokus hoofsaaklik op die kultuurgoedere van die Groot Trek, terwyl daar ook aandag gegee word aan die 1938- en 1988-vieringe. Ten opsigte van 1938 word daar veral aandag gegee aan die vieringe wat destyds by Bulhoek in die Steynsburg-distrik plaasgevind het. Inligting word ook verskaf oor argeologiese opgrawings wat tans by Bulhoek uitgevoer word.

By die uitstalling word uittreksels uit Geknelde Land vertoon asook ’n kort film, genaamd: 1938 DIE WONDERJAAR.

By die museumwinkel kan replikas van ossewaens en die Grietjie-kanon gekoop word. Hierdie modelle, wat hoofsaaklik op kinders gerig is, word vervaardig deur die Verkenners en moet self met houtgom aanmekaar gesit word.  Duidelike instruksies word saam met elke model verskaf. ’n Boekie Trekkerkinders is ook beskikbaar, terwyl gedenkmedaljes van die GHA ook te koop is.

Photos 003Photos 004