Media-verklaring 21 Februarie 2014

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge het op 21 Februarie 2014 ’n konferensie oor die 160 jaar herdenking van die Vrystaat Republiek by die Nasionale Afrikaanse Letterkunde Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein gehou. Die program het om 09:00 begin en afgesluit met ʼn heerlike middagete. Die gassprekers vir die konferensie was:

• Prof Hermann Giliomee – Die Republiek van die OVS: “Ideale Gemenebes in Afrika-omstandighede” • Prof Danie Goosen – Oor republieke en republikeine: verskillende interpretasies vir vandag. • Mnr Mosiuoa Lekota – ’n Vrystaatse perspektief op die ontwikkeling van demokrasie: 1994-2014 • Prof Koos Malan – Twintig jaar later, waar staan die republiek vandag? • Paneelbespreking met Prof Louis du Plessis, Prof Pieter Duvenage en mnr. Carel Boshoff IV. Na afloop van die konferensie is daar in die nostalgiese huis van die Ou Presidensie op die hoek van Pres. Brandstraat en St. Georges straat fees gevier waar die gaste deur Jak de Priester vermaak is. Die FAK het ook aan NALN ʼn FAK-sangbundel oorhandig om deel van hulle kultuurskat te bewaar.

Vir meer inligting skakel Hannie Boshoff Kommunikasiebestuurder: FAK Tel: (012) 301 1777 E-pos: hannie@fak.org.za

Uitgereik namens: Danie Langner Besturende Direkteur: FAK