Afrikaans is wild en wakker en ons vier fees. Maar nie sommer enige fees nie, ons KABOEM. Steve Hofmeyr en die Kranskopfees stigting het kragte saamgesnoer om die grootste, beste, BOERSTE fees ooit aan te bied. Die KRANSKOP AFRIKAANSE BOEREKOS EN MUSIEKFEES op 26 en 27 Augustus.

As daar een mens in hierdie land is wat seker nêrens enige bekendstelling nodig het nie, is dit Steve Hofmeyr. Soms omstrede, maar altyd die beste vermaak vir oud en jonk. Kampvegter vir Afrikaans, vir ons land en al sy mense. Die Kranskopfees stigting is die organiseerders van die immergewilde Druiwefees en Kranskopfees wat al 35 jaar lank ononderbroke in Modimolle (Nylstroom) aangebied word.

Nou het die twee groot name kragte saamgesnoer met die KABOEMFEES! Jaarliks die laaste naweek in Augustus en die hoogtepunt op die noorde se vermaaklikheidskalender. Net die beste in Afrikaanse kunstenaars, tradisionele kos, hand- en kunswerk, plaaswerf en kindervermaak.

Wat die Vrydag besonders maak, is die FAK-saamsing met Steve en Beeskraal. Dit is ’n eerste vir Steve en om dit te vier, druk die FAK ’n bundel met al die liedjies wat hy gaan sing sodat elkeen hartlik kan deel en saamsing. Die ander kunstenaars wat Vrydag optree, is Adam Tas, Neil Somers, Wynand en Cheree, Kosie Beukes en die nuwe sensasie, Leah.

Saterdag se program is ook propvol. Die hekke open reeds 8:00 met die AFRIKANERS RY PLESIERIG FAMILIE-FIETSFEES. Dit begin en eindig by die feesterrein (inskrywings op ww.cycleevents.co.za). Die vermaak begin om 10:30 met Etha. Dan volg Leah, Boeremusiek, Armand Hofmeyr, Wynand en Cheree, Pieter Smith, Lianie May, Bok van Blerk en dan Steve met sy “If you could read my mind”-vertoning.

In die Teatertent bied ons die immergewilde Lizz Meiring met haar eenvrouvertoning, “Langpad en Lipstiek”, waar sy en haar lewensgrootte handsak jou gaan vermaak tot jou lagspiere lam is. Sy tree op Vrydagoggend 9:30 en weer Saterdag 11:00. Rocco de Villiers wat gehore bekoor met sy “Best of”-vertoning op klavier tree om 14:00 op. Die kaartjies is addisioneel op iTickets beskikbaar.

Wat sal ’n fees sonder heerlike kos en ander vermaak wees? Die KABOEMFEES bring vir u die beste in boerekos met sewe restaurante om van te kies en keur, elkeen volgens sy eie tema. Daar begin ons met die Bosveld Wildrestaurant, die Boerebraairestaurant, die Weskus Vis-en-Waterblommetjiesrestaurant, Vrystaat skaaprestaurant, Potjie-en-afval, Kook-en-Geniet-restaurant (jou Ma se kos) en laaste, maar beslis nie die minste nie, is die Tradisionele Melktert-en-Koeksisters nageregrestaurant.

Vermaak vir die kinders en jonges van gees word aangebied deur Die Voortrekkers. Daar is ’n hele pretpark met tradisionele en ook meer moderne boeresport en speletjies. Die plaaswerf met ou trekkers en implemente, plaasdiere, bokmelkplaas en Voortrekkerwaens en osse. Just fun bring springkastele en ander.

Al die boerepret maak mens dors! Die KABOEMFEES gaan u beslis nie teleurstel nie. Die biertuin het sy eie vermaakprogram waar die litte sommer lekker los geskud raak. Saam met Buffelsfontein Baardolie gaan ons u baard en u lewer geolie hou. Brouer Broers bring hulle “Craft”-biere (Lewer-Olie) en Saterdag om 15:00 bied Buffelsfontein Baardolie ons eerste Baard-Olie Kompetisie aan – Die Paul Kruger Baardkompetisie in drie klasse.

Die Generaal De la Rey-prys – Wildste baard. Die Generaal De la Rey-prys gaan aan die man wat sy baard wild laat groei. Nie omdat hy wil nie, maar omdat dit enige skeerinstrument onmiddellik sal breek.

Die Generaal De Wet-prys – Netjiesste baard. Die Generaal De Wet-prys word toegeken aan die man wat deur die moderne samelewing gedwing word om sy baard netjies en stigtelik te hou. Blink Stefaans soos die boere sê.

Die Dirkie Uys-prys – Beste nuweling. Die Dirkie Uys-prys word toegeken aan die man wat die meeste moed en durf aan die dag lê om ’n baard te groei, maak nie saak wat ander daarvan dink nie. Heldhaftigheid is in hierdie man se bloed.

Om al die pret met Steve Hofmeyr en vriende te deel, bespreek vroegtydig u kaartjies by iTickets of kry dit by die hekke. Toegang is: Naweekkaartjies R295 vir volwasses en R150 vir kinders. Vrydag alleen R170 vir volwasses en R75 vir kinders. Saterdag is R195 vir volwasses en R125 vir kinders. Toegang vir volwasse kaartjies sluit R25 koopbewys en die Snap-Tap kontantlose armbandjie in.

Vir enige navrae kontak Juanita by 082 854 8764 of juanita@kaboemfees.co.za. Besoek ons op www.kaboemfees.co.za of “Like” ons Facebook-blad om op hoogte te bly van alles wat gebeur.

KABOEMFEES – Die Boerse fees

Kaboem mailer Banner Program