Laurika Rauch word vereer
Afrikaanse sanger en ikoon, Laurika Rauch het geen bekendstelling nodig nie. Maar niemand het gedink dat die stadsmeisie met ’n dramagraad haarself gaan vestig as ’n sangeres wat gehore bekoor met haar stem wat rustigheid en kalmte in enige gemoed bring nie.
Op 9 September 2016 bied die Cantare Kinderkoor ’n koorfees aan waar hulle Rauch vereer vir haar positiewe bydrae tot die Afrikaanse musiekindustrie. Vyf kore neem deel aan die koorfees.
Die Alberton-gemeenskap nooi jou uit om dié geleentheid saam met die Cantare Kinderkoor en die FAK te geniet.
Datum 9 September 2016
Plek NG Kerk Alberton-Suid
Tyd 18:45
Besprekings 082 257 1407