Deur Ruurd van der Wal

Die Paul Kruger Fees vind plaas op 15 Oktober op ou president Paul Kruger se plaas, Boekenhoutsfontein. Pres. Paul Kruger se huis is nog op die plaas wat as ’n gedenkwaardigheid geregistreer is en bedryf word as ’n museum. Die ingang na die perseel word gedeel met Kedar Lodge, wat ook die museum en terrein onderhou.

Die doel van die fees is om geskiedenis tasbaar te maak en die gemeenskap meer van ons erfenis te leer, asook om fondse in te samel vir die onderhoud van die museum.

Daar is verskeie eetstalletjies en ander uitstallers. Een van die mees gewilde stalletjies is die Tweede Wêreldoorlog militêre memorabilia-uitstallings.

Die boertrekvereniging kom span uit in hulle oorspronklike ossewaens (dieselfde wat onlangs weer oor die Drankensberge getrek het).

Daar is natuurlik ook ’n groot biertuin wat verligting bring teen die hitte.

Die volgende aktiwiteite vind plaas:

  • Bergfietswedren deur die omringende wildsplase
  • Boederedansgroep-optrede
  • Optredes van die orkeste van die Boeremusiekgilde
  • Toutrekkompetisies tussen die plaaslike laerskole
  • Vlagparade van Boereoorlog-boerekommando’s met perde
  • Dan die hoogtepunt: Veldslagnabootsing met oorspronklike Boereoorlog-gewere tussen die Britte en Boere. Die Dundee Diehards en die Bittereinderkommando kom teen mekaar in opstand. Daar sal ook ’n regte kanon in aksie wees.

Layout 1