Die kind binne jou

Deur Samantha Muller

Ek staan nou die dag verbasend en kyk hoe my klein dogtertjie hier in die FAK se Afrikaanse Liedjietuin baljaar en haarself verbeel dat sy een of ander prinses is. Ek moes myself inhou om nie die klein dogtertjie in myself vry te laat en my eie teepartytjie te hou nie.fak-liedjietuin-2

Die FAK-liedjietuin is pragtig, groen en rustig.  Daar is meer as 200 naamrose; rose soos die sagte pers “Steve Hofmeyr”, die langsteel “Lisa se clavier”, die lipstiffiepienk “Rina Hugo”, die pragtige rooi fluweeltekstuur “Bles Bridges”-roos en dan is daar die “Nataniël”, “Mimi Coertse”, “Liewe Heksie” en “Anneli van Rooyen”-rose.

In hierdie pragtuin word Afrikaanse liedjies vasgevang op granietblaaie; jonk en oud sing ook graag die liedere saam.

Die tuin bestaan uit twee afdelings: die kinderliedjietuin waar die kinders heerlik kan klim en klouter en hulself kan uitleef tussen die kleurvolle plante, klimrame en Afrikaanse liedjies, en die vier lowergroen grassirkels, waar daar heerlik piekniek gehou kan word terwyl die manne ’n vleisie fak-liedjietuin-3braai in die Oukraalliedjie-lapa.

Of dit nou jou volgende doop, troue of selfs kinderpartytjie in die Afrikaanse Liedjietuin is, sal dit voel of jy in ’n ander wêreld is, soos my dogtertjie altyd sê: “Mamma, kan ons weer by daai huisie gaan speel waar die kinderstories waar word.”

Bespreek gerus die Afrikaanse Liedjietuin by samantha@fak.org.za.

So terloops, vriende van die FAK kan die liedjietuin een keer per jaar gratis gebruik vir ’n funksie van hul keuse.