Projekbeampte

FAK

Die pos is in Pretoria gebaseer. Om daarvoor in aanmerking te kom, sal ’n toepaslike of soortgelyke graad in kommunikasie of bemarking as aanbeveling dien. Een tot twee jaar relevante ondervinding sal verder ook in jou guns tel.

Noodsaaklike vaardighede is: Goeie kommunikasievaardighede (verbale en skryfvaardighede) wat insluit oorredingsvermoë en bemarkingsvaardighede, asook uitstekende organiseringsvermoë. Basiese kennis van Adobe Photoshop en soortgelyke sagteware sal in jou guns tel. Kreatiwiteit en dinamika is ’n voorvereiste vir die pos.

Pligte behels onder andere: Data- en ledewerwing; ondersteuning, organisering en reëlings vir taal, kultuur en geskiedenisprojekte; reëlings vir betrokkenheid by feeste; hulp met sosiale media, vervaardiging van video’s en grafika vir SM; skep en skryf van inhoud vir kultuurblad; ondersteuning met reëlings en organisering van FAK-funksies en geleenthede ens.; bystand met bemarking, hulp met die opstel van mediaverklarings; asook skakeling met organisasies en skole.

______________________________________________________

Indien jy aan die profiel voldoen, stuur asseblief jou CV voor of op 20 April 2017 na zieg@fak.org.za.

Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoering ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.