deur Pieter Cloete
Vanjaar was daar verskeie artikels en debatte by feeste oor Afrikaanse musiek en die gesondheid van die mark. Ja, albumverkope word dalk so bietjie gekniehalter deur aanlyn musiekwebblaaie en -verkope, maar die Afrikaanse musieklandskap is verseker gesond. Select musiek, ’n platemaatskappy, wat vanjaar sy 30ste bestaansjaar vier, kan getuig van dié suksesse, veral oor die 30 jaar.
Select is in die laat tagtigerjare deur Kosie van Niekerk gestig nadat hy in sy rol as aankoper by MFP (Music For Pleasure) besef het dat daar te min musiek in Afrikaans in die mark was. Select Musiek is op 1 Oktober 1987 gebore, met die doel voor oë om die SA-musieklandskap, met ’n Afrikaans wat hart, gees en derduisende voete in musiek roer, te kleur.
Lees verder in Oktober se flink