Jou kultuurtuiste waardeer jou volgehoue ondersteuning as FAK-vriend en daarom wil ons jou so bietjie bederf met vermaak in duetformaat! #VyftigPersentAfslag
Kom bederf jouself saam met familie en vriende by vanjaar se Afri-Duetfees. Die Afri-Duetfees is ’n hoogtepunt op jou kultuurkalender en ’n geleentheid wat jy nie graag sal wil misloop nie. En die goeie nuus is dat FAK-vriende kwalifiseer vir 50%-afslag op Saterdagaand se vertoning! Dit is nou sowaar goeienuus-Woensdag!
Vanjaar word die Afri-Duetfees vir die vierde jaar aangebied. Kunstenaars wat optree, is:
As FAK-vriend bederf ons jou vandag met 50%-afslag vir Saterdagaand se vertoning. Om jou kaartjies te bespreek, kontak asseblief vir Ds. Cassie Aucamp by 082 377 1112 of stuur ’n e-pos na duetfees@gmail.com. Onthou om te noem dat jy ’n FAK-vriend is.
AFRI-DUETFEES
21 OKTOBER 2017
18:30
ZK MATTHEWS TEATER, UNISA, PRETORIA
KAARTJIES: R170, R200, R250 (50%-afslag uitgesluit)
Die volgende bepalings en voorwaardes geld:
Daar is geen beperking tot die hoeveelheid kaartjies wat jy as FAK-vriend kan bespreek nie. Die aanbod is slegs geldig vir Saterdagaand, 21 Oktober 2017 se vertoning. FAK-vriende ontvang 50%-afslag op die totale hoeveelheid kaartjies wat hulle bespreek. Aanbod geld vir solank daar kaartjies beskikbaar is.