’n Vars blik op Churchill en Smuts se vriendskap
Churchill & Smuts: Die vriendskap, deur Richard Steyn
Jonathan Ball Uitgewers, 2017
Resensie deur Petronel Fourie
Churchill en Smuts het ’n merkwaardige vriendskap gehad, wat oor die verloop van 50 jaar en duisende kilometers gestrek het. Dié boek vertel albei se afsonderlike verhaal in breë trekke, maar fokus veral op die tydgrepe waar hul paaie kruis.
Richard Steyn, wat as voorloper tot dié boek ’n boek net oor Jan Smuts gepubliseer het, toon sy vernuf as navorser en skrywer. Die boek skets eerstens albei karakters se agtergrond – en hoe totaal uiteenlopend dit was. Terwyl Churchill uit ’n uiters gegoede en gesiene familie stam en aan net die beste gewoond is, kom Smuts uit ’n eenvoudige boeregesin sonder veel voorregte en geleenthede in sy kinderdae.
Lees verder in ink November 2017