Jaco Jacobs: ’n Weergalose verbeeldingswêreld

deur Cyril Blackburn

 

Hy was maar ’n rakkertjie van net ’n paar jaar oud toe dié verstommende verbeeldingswêreld – ’n denkbeeldige storiewêreld wat hom een van die mees suksesvolle jeugliteratuurskrywers in Suid-Afrika gemaak het – posgevat het, vertel ’n opgewekte Jaco Jacobs.

Vir ’n kort tydperk tydens sy grootwordjare het die Jacobs-gesin op ’n plaas in Carnarvon in die Karoo gewoon. Reg in die middel van die gesin se erf het ’n ou telefoonpaal gestaan – en wanneer die wind in die Karoo opgesteek het, het dié telefoondrade met mening vibreer en dán sou die skrywer as’t ware asem in sy denkbeeldige karakters se lewe blaas wanneer hy met hulle in gesprek getree het oor alles én meer.

Lees verder in ink November 2017