Enigiemand wat in die 1960’s grootgeword het, het kennis gemaak met die komposisies van Betty Misheiker, wat in 2015 in die ouderdom van 96 jaar oorlede is.
Een van haar heel bekendstes is “Die lappop”, wat oorspronklik deur Doris Brasch op haar en Dawie Couzyn se kinderalbum Sal jy dit glo? Ingesluit is. Doris was hoofsaaklik bekend as ’n opera-sopraan maar met hierdie album, asook Tingeling, het ’n groter gehoor met haar musiek kennis gemaak. Die boodskap was dat iets wat vir een persoon waardeloos is, vir iemand anders mooi is.
Sedertdien is dit onder meer ook deur Lindie Roux en Carike Keuzenkamp opgeneem. Later is dit as een van die tien finaliste in die kinderliedjie-kategorie van Maroela Media se Grootste Afrikaanse liedjie van alle tye-veldtog aangewys en op die CD waarin die algehele finaliste van hierdie veldtog voorgekom het, ingesluit.
Iemand het ‘n lappop op ‘n ashoop weggegooi,
sy was gedaan en stukkend,
verbleik en nie meer mooi nie.
Op die ashoop hoor sy stemme praat
en die verwelkom haar.
Maar o, ellende, toe sy kyk,
wat sien die lappop daar.
KOOR:
net ‘n vrot pampoen en ‘n stukkend skoen,
‘n grammefoonplaat en ‘n kous sonder maat,
net ‘n leë bottel bier en verlepte angelier,
‘n gelapte binneband en ‘n ou koerant.
Ag hoe droewig voel die lappop,
toe sy alleen daar le,
want sy weet dat niemand ooit vir haar
vir lappop weer wil he nie.
‘n Traan loop oor haar lappop wang
want dit begin te reen
en daar lê sy, sy ou lappoppie
op die ashoop so alleen.
(KOOR)
Ag nee wat sê die lappop,
ek soek ‘n ander oord.
Wat sal die wêreld van my dink,
want soort jy weet, soek soort.
Ag almal wil vir lappop troos
en soebat sy moet bly,
hulle sê dis die mooiste ashoop die
wat ‘n mens nog ooit kan kry.
(KOOR)
Al die goeters op die ashoop hou gou vergadering
en besluit om lappop te bekroon,
as die ashoop koningin.
Van toe af bly die lappoppie so trots tevrede daar
en al haar onderdane bedien getrou vir haar.
ja …….
Koor