Daar is baie kinderaftelrympies wat eintlik niksseggende woorde het, maar tog bly vassteek, maak nie saak hoe oud ’n mens is nie.
Elizabeth Fourie is bekend as een helfte van die sangpaar Francois en Elizabeth Fourie, en sy het die lied “Ek is bly ek ken vir Jesus”, wat in die Liedboek van die Kerk ingesluit is, asook “Daarom”, wat deur die FLAM-kommissie van die NG Kerk goedgekeur is en deesdae gereeld in gemeentes gesing word, gekomponeer.
Sy is egter hoofsaaklik bekend as ’n komponis van kinderliedjies, waarvan verskeie in die nuwe FAK-Sangbundel ingesluit is. Daar word gesê dat Olke die beer en haar boetie Bolke karakters van ’n Nederlandse kinderboekreeks was wat in 1935 deur AD Hildebrand uitgedink is en tot die ontstaan van dié bekende rympie gelei het. Die betekenis van die woorde is onbekend.
Hoewel Piet Smit hoofsaaklik bekend is vir Afrikaanse Christelike musiek, het hy ook sy eie liedjie, gebaseer op dié rympie, op sy kinderalbum Liedjies en rympies ingesluit.
Olke bolke riebiekie stolke (of: Olke bolke Riebeeck stolke)
Olke bolke knor (of: Olke bolke knol)
Êrie tjêrie tjiekerie tjêrie
Êrie tjêrie tjorts!