Nadat sy as die wenner van die onlangse reeks van The Voice aangewys is, is die negentienjarige Tasché Burger se eerste enkelsnit pas vrygestel.

Haar afrigter, Francois van Coke, het haar uitsonderlike talent dadelik raakgesien en onderneem om haar onder sy vlerk te neem. Gevolglik is haar eerste enkelsnit, “Die een”, by Van Coke Studios in Kaapstad opgeneem. Sy het dit saam met Hunter Kennedy van Die Heuwels Fantasties en Richard Onaret van Die gevaar geskryf, terwyl Francois die medevervaardiger was.

Tasché het die opname as ’n ongelooflike ervaring beskryf; dit was vir haar lekker om weer, vir die eerste keer sedert sy dertien jaar oud was, agter ’n mikrofoon te staan en sing. Sy vertel dat Richard haar gehelp het met die harmonieë.

Sy sal gou weer by Van Coke Studios wees om aan verdere materiaal te werk. Tasché was betrokke by die proses om “Die een” te skryf en Francois glo dat dit ’n groot treffer gaan wees.

Tascé se debuutalbum is middel November vrygestel.

KLIK hier om na die video te luister.