Nadat sy aan The Voice South Africa deelgeneem het, het Samantha Leonard ’n gunsteling onder Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers geword.
Haar debuutalbum, ’n Duisend keuses, het reeds twee treffers opgelewer, naamlik die titelsnit en “Jou hart sal heel raak”, en die volgende treffersnit, “Vat ’n kans”, het ook al die radiostasies se luggolwe getref.
Hierdie snit is een wat sy self gekomponeer het, en hierdie keer is dit ’n lekker opgewekte snit wat die dansvloere vinnig vol sal kry. Samantha vertel dat sy deur ’n moeilike verhouding gegaan het en in die steek gelaat is deur iemand wat sy met haar hele hart vertrou het. Sy glo egter die regte een kan in jou lewe kom wanneer jy dit die minste verwag, en jy moet dit net waag om daardie persoon ’n kans te gee.
Die video is by die Allure Beauty &Spa in Benoni verfilm, asook by ’n privaat huispartytjie, waar hulle as groter groep bymekaar gekom het.
Hierdie snit sal nie net vinnig tot verskeie radiostasies se trefferslyste toetree nie, maar gou die eerste plek bereik.
Gaan kyk gerus na die musiekvideo: https://www.youtube.com/watch?v=w_L8jJrTD7A