“Die vrou”
Die vrou is die sout van die aarde
Die suurdeeg, beskou op die keper:
Al hoër steeds rys sy in waarde:
Sy’s beide die sout en … die peper!
Wie ter wêreld verstaan ooit die vrou,
En wie sal haar geheimenis weet?
Haar verjaarsdae moet jy onthou,
Maar haar ouderdom moet jy vergeet!
A.G Visser
In Vrouemaand vier NB-Uitgewers vroue met boeke vir vroue deur vroueskrywers.
Uitgewer: Queillerie (NB-Uitgewers)
Prys: R260
Oor hierdie boek:
Lily, pas geskei en nie meer ’n skilder nie, het gegaan van galerykurator tot ontwerper by Exotic Tattoos in Vishoek. Sy is ’n groot Tretchikoff fan, wat sy nie by Galerie Zeitgeist hardop kon sê nie. Dan ontmoet sy haar Russiese buurman. Voor jy “Tretchi” kan sê, sit sy met ’n kosbare vrag op ’n vlug Kazakstan toe. Sy kry g’n enkele Tretchikoff daar nie, net ’n verwarrende soen. Terug in Vishoek begin sy weer skilder, want môre kom dalk te laat.
Uitgewer: Human & Rousseau (NB-Uitgewers)
Prys: R 280
Oor hierdie boek:
Hanna, ’n dinamiese en suksesvolle personeelagent, lewe teen ’n vinnige pas. Sy’t haar eie besigheid, is gelukkig getroud en het twee kinders rondom wie sy haar besige lewe beplan. Maar toe sy een middag ná ’n blitsbesoek aan die winkels by die huis opdaag, stort haar hele kaartehuis ineen. Sal sy in die maande wat kom ooit weer haar kop kan lig?
“Hartverskeurend mooi. ’n Aangrypende verhaal vir volwassenes sowel as tieners.”
– Wilna Adriaanse
Uitgewer: Tafelberg (NB-Uitgewers)
Prys: R295
Oor hierdie boek:
In Rooiborslaksman word die negentiende-eeuse konflik tussen die Namas, die Herero’s en die Duitsers in die Suidwes-Afrika vervleg met die lewensverhale van Liesbet Lambert wat wees gelaat word tydens die pokke-epidemie en Frederik Vlermuis vir wie Gobabis se kerktoring soos die kameeldoringboom lyk waaraan die rooiborslaksman sy prooi ryg.
Uitgewer: Kwela (NB-Uitgewers)Datum Vrygestel:April 2020
Prys: R 220
Oor hierdie boek:
In Uit die kroes word die Noord-Kaapse leefwêreld opgeroep in verse wat Namawoorde op verrykende wyse inkorporeer. Dit bevat gedigte wat die sentrale dog geringgeskatte rol van die bruin vrou in die Suid-Afrikaanse geskiedenis belig. Ook die hedendaagse posisie van die jong bruin vrou word bekyk – hoe daar byvoorbeeld steeds teen wanpersepsies oor ras en skoonheid gestry word.
Jy dra jou kroes hare so laat mense kan sien
glad alleen beteken nie mooi nie.
Uitgewer: Human & Rousseau (NB-Uitgewers)
Prys: R 220
Oor hierdie boek:
Van Bientang het net die naam van ‘n restaurant in Hermanus oorgebly: Bientang’s Cave, asook ‘n weggooi-opmerking: die laaste Strandloper. Uit hierdie gegewens sny die digter se verbeelding spoor in ‘n kontra-epos. Wie was Bientang? Te midde van historiese geskrifte, kontemporêre angste en oorlewerings verskyn buitelyne om haar vir oomblikke binne bereik te bring. Die toonaard van die bundel is egter verlies oor ‘n verlede wat geen spoor laat in die opgeskryfde geskiedenisse van die land nie.
Uitgewer: Tafelberg (NB-Uitgewers)
Prys: R 290
Oor hierdie boek:
Margaretha (Maggie) Jooste was net 13 jaar oud toe die Anglo-Boereoorlog uitbreek en haar lewe ingrypend verander. Ná maande in huisarres word sy en haar gesin na ’n konsentrasiekamp in Natal gestuur. Hier ervaar hulle honger, onsekerheid en verlies, maar ook soms – op ’n verrassende wyse – die goedhartigheid van Britse soldate. Hierdie baie persoonlike vertelling, in haar eie woorde, is ’n verhaal van swaarkry en erge ontbering, maar ook van medemenslikheid en vriendskap oor vyandsgrense heen.
Uitgewer:Human & Rousseau (NB-Uitgewers)
Prys: R 290
Oor hierdie boek:
’n Versameling gedigte oor vroue, deur vroue, vir vroue – en vir dié wat met vroue leef.
Lees oor beroepsvroue en huisvroue, verliefde, geliefde en ontnugterde vroue, vroue met kinders en sonder kinders, vroue wat in die kalklig staan en vroue wat deur grense breek. In dié boek word die heelal beskou deur ’n vroulike blik. ’n Bloemlesing om aan te gee vir ’n vriendin of ’n suster, vir ma’s en vir dogters, vir geliefdes – omdat ons almal ’n bietjie so is, en ook nié so is nie.
Uitgewer: Kwela (NB-Uitgewers)
Prys: R290
Oor hierdie boek:
Die verminkte lyk van ’n vrou wat op die strand gevind word, ruk die rustige Murraybaai, veral wanneer dit blyk dat die geweldenaar swanger vroue teiken. Die nagmerrie verdiep wanneer die verwagtende Deirdre O’Brien ook deur die gemaskerde moordenaar geteister word. Sy word die prooi in ’n obsessiewe kat-en-muis-speletjie. Hy wil haar knak en haar lewe steel, maar sy gaan dit nie toelaat nie.