Die FAK het vanjaar Nasionale Melkterdag gevier deur vir skoolhoofde landwyd ‘n melktert te gee en om dankie te sê vir die bevordering van Afrikaans en Afrikanergeskiedenis in hulle skole.

Die idee vir ’n dag gewy aan melktert is op 27 Februarie 2013 in die Weg! se kantoor gebore. Dié tydskrif se joernaliste het besef net melktert is ’n teenvoeter vir die laatmiddag-tamheid wat op ’n mens toesak, inderdaad, melktert is die perfekte namiddaghappie. Op Weg! se webwerf verduidelik hulle dit wat gevolg het só: “Dié nuus was te goed om nie te verkondig nie, en die daaropvolgende jaar was vriende, lesers, radiostasies, Facebook-kennisse, koffiewinkelbase en sjefs oorgehaal om ook op 27 Februarie melktert te bak, te sny en saam met geliefdes te geniet. Omtrent oornag het iets wat as ’n hunkering na ’n soetigheidjie begin het, gegroei tot Nasionale Melktertdag. Nasionale Melktertdag het nou ook sy eie Facebook-bladsy.

Elizma Smith, koördineerder van FAK-Kultuurnetwerke in die Kaap, oorhandig ‘n melktert aan Desmond Reddy, adjunkhoof van Laerskool Verkenner in
Gqeberha (Port Elizabeth).
Suzette Klopper, administratiewe beampte by die Laerskool Tuine in Pretoria, met haar melktert
Trudie Stevens, bestuurder van die FAK Udolpho Rivierplaas, oorhandig ‘n melktert aan Shaun Strydom, hoof van die Primêre Skool in Parys.
Neels Snyman, hoof van die Laerskool Garsfontein in Pretoria, met sy melktert
CJC Driescher, hoof van die Hoërskool Pretoria-Noord, met sy melktert
Marna Jordaan, hoof van die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria, met haar melktert
Mnr. Maree, hoof van die Laerskool Pretoria-Oos, met sy melktert
Chris Henning, hoof van die Laerskool Anton van Wouw in Pretoria, met sy melktert
Francois Bosma, adjunkhoof van die Laerskool Wierdapark in Pretoria, met sy melktert
Mathilda Bäcker, bemarker, en Munnik van der Merwe, hoof van die Laerskool Swartkop in Centurion met hulle melktert
Dr. Carolien van Heerden, hoof van die Laerskool Magalieskruin in Pretoria met haa melktert
Chris Denysschen, hoof van die Hoërskool Waterkloof, met sy melktert
Jannie Raath, hoof van die Laerskool Hennopspark in Centurion, met sy melktert


Klik hier om na meer foto’s te kyk: https://business.facebook.com/144954928909651/posts/5112104448861316/