Leer en speel met Patriot Troefkaarte oor die bydrae van geïdentifiseerde patriotte wat bekend is vir hul rol in Suid-Afrika se ontwikkeling.
Patriot Troefkaarte is ’n tradisionele “trump” kaartspeletjie waar die speler met die hoogste waarde die ander speler(s) se kaart(e) wen totdat een speler al die kaarte inpalm en die wenner word.
Die verskil is net, hierdie is ’n lekker manier om meer te wete te kom van die Suid-Afrikaanse patriotte wat ’n reuserol gespeel het in Suid-Afrika se ontwikkeling en leierskap op vele terreine. Dit is mense soos Paul Kruger, Mimi Coertse, Danie Craven en Koos de la Rey. Daar is 38 patriotte in die pakkie.
Elke kaartjie verteenwoordig ’n pragskets van ’n patriot, met neffens die skets ook inligting wat die nalatenskap van die persoon uitlig.
Die kaartjies het vyf verskillende kategorieë: Jaar gebore; Ouderdom; Vernuf; Beroemdeheid en (vir die prent) Haarstyl; elkeen met sy eie waarde. Die speler moet kyk watter waarde op die kaartjie die beste kans het om die ander spelers te kan troef en vra dan ander spelers na hul kaartjies se waardes.
Hierdie speletjies is ontwikkel deur Spoetnik, in samewerking met Die Voortrekkers en die FAK.
(Inligting verkry vanaf www.spoetnik.co.za)