Kom kuier in die Afrikaanse Liedjietuin!

Aan die voet van ons Voortrekkererfenis en trotse Monument, lê die Afrikaanse Liedjietuin tussen lowergroen bome en pragtige natuurskoon. Stap hand aan hand deur die asemrowende rose en word sag getroebadoer deur die kabbel-kabbel van ’n verdwaalde stroompie. Neurie of sing saam die woorde van merkwaardige Afrikaanse treffers vasgevang in granietblaaie regdeur die Afrikaanse Liedjietuin, en word nostalgies weggevoer na jou eie kinderdae van jonk en vry wees.

Ontsnap na die Afrikaanse Liedjietuin vir ’n rustige en ontspannende piekniek saam met mense na aan jou of bespreek die lapa vir ’n lekker braai saam met goeie vriende. Vir enige kinderpartytjies, tuinfunksies, tuintroues, klein opelugvertonings, damestees, kombuistees of eindjaarfunksies is die Afrikaanse Liedjietuin jou keuse van bespreking. Bespreek nou teen ’n baie billike prys. Vriende van die FAK bespreek teen ’n verlaagde tarief!

Die Afrikaanse Liedjietuin is die tuin waar jy jou eie spyseniering, dekor, program, speletjies, vermaak en idees kan uitoefen!

Fasiliteite te huur:

Afrikaanse Liedjietuin – R 2800.00

Stokkiesdraai – R 2800.00

 

Kontak vir Anita by anita@kultuurtuiste.org.za om die bespreking te maak.