Deur Carla van der Spuy

“Wetenskapfiksieboeke asseblief!” Dit was ’n versoek wat ek onlangs ontvang het van gevangenes by die Kutama Sinthumule Korrektiewe Sentrum op Makhado. Een van hul biblioteke het afgebrand en van daardie manne het vonnisse van tot ’n duisend jaar lank gekry. Dus is daar baie tyd vir lees. Maar gevangenes lees alles van romanses tot filosofie. Tydskrifte is ook gewild.

Ek het toevallig by die Reading for Redemption-veldtog betrokke geraak toe my boek Mens of Monsterdie psige van ’n misdadiger in 2012 in die Losper- en Pollsmoor- gevangenisse bekendgestel is. Honderde mense het opgedaag – nie oor my of oor die boek nie – maar weens die gesegde “van nuuskierigheid is die tronk vol”. Hul toegang om ’n toer van die selle te kry en aan pap saam met die bandiete uit blikborde te smul, was om boeke aan die gevangenisse se biblioteke te skenk.

Klik hier om die storie in ons Januarie-uitgawe van Flink 2020 te lees: https://www.fak.org.za/flink/