Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit
Dit is vreemd dat voorstaanders van ‘n bepaalde saak, in die praktyk soms die grootste vyande daarvan is. Die bekendste voorbeeld is waarskynlik Julius Malema, wat in sy tyd as ANC Jeugleier met sy haatpolitiek man-alleen die Mandela-beeld van die ANC afgebreek het. Kiddi Amin, het ‘n slim joernalis hom veelseggend gedoop.
Maar hierdie verskynsel is ook algemeen onder Afrikaners, wie se goeie naam en mooi ideale al dikwels beswadder is deur sommige ‘Afrikaner-leiers' se swak gedrag of dom optredes. Die jongste voorbeeld hiervan is Dan Roodt se gebruik van rasse argumente, skynbaar in ‘n ...Lees Meer
Mandela as jong prokureur Foto: Webwerf http://seoppc.co.za
Die waardige statuur van Nelson Mandela was histories die gesig van die ANC. Sy internasionale ikoniese status was die versinnebeelding van die beeld van Suid-Afrikaanse swartmense as die verdruktes en witmense as die verdrukkers. Die lang tronkstraf wat hy as leier van die ANC uitgedien het, het hom die simbool gemaak van die ANC se stryd om demokrasie en die bevryding van swartmense.
Deur die jare is die ingewikkelde Suid-Afrikaanse problematiek vereenvoudig tot ‘n stryd tussen die goeie en die slegte- ‘n stryd vir en teen demokrasie en menseregte. Daar is nie ruimte gelaat vir ...Lees Meer
Nelson Mandela is reeds in lewe meer vereer as enige ander mens. Nou, na sy dood, stroom die lofredes in.
Niemand sal waag om ‘n kritiese woord of selfs ‘n ongemaklike vraag te laat val nie. Swyg of word verguis. Mandela is immers onaantasbaar.
Die rede is meervoudig. Mandela verteenwoordig vir die wêreld alles wat goed is: die geduldige, vriendelike man wat verkeerdelik vir sy oortuigings vir 27 jaar tronk toe gestuur is deur ‘n wrede, rassistiese regering; die man wat sy posisie van mag gebruik het om vrede en versoening te bevorder toe hy weerwraak kon geneem het.
Daarom het hy ‘n ...Lees Meer